Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 3

HOOFSTUK 3

Dit is n sonnige Vrydag oggend toe Rebecca Morrison in haar Mercedes klim vir haar weeklike afspraak by die skoonheidsalon. Terwyl sy die Mercedes aanskakel beskou sy haarself vir oulaas in die tru spieël. Sy frons n oomblik en sien die fyn plooitjies op haar gesig wat haar glad nie aanstaan nie. Sy sal met Stephen moet praat oor n “facelift” want sy haat die plooitjies wat besig is om te vorm. Al haar vriendinne het al vir n “facelift” gegaan en sy wil beslis nie by hulle afsteek nie.

Met die gedagte in haar kop trek sy die Mercedes uit en begin haar rit na die skoonheidsalon. Terwyl sy die motor draai gly haar oë met genoegdoening oor die lowergroen grasperke waar die sprinkelstelsel die water oor die grasperke spuit. Haar blomme langs die oprit staan in volle blom en een van die tuiniers is besig om die struike te snoei. Rebecca besluit dat sy n goeie lewe het, ten spyte van die feit dat sy vermoed dat Stephen n minnares het.

Dit pla haar egter nie solank sy n luukse lewe kan lei is sy tevrede, dink sy by haarself terwyl die motor stadig in die oprit afbeweeg. Sy groet die tuinier en die hekwag toe sy deur die oop hek beweeg en begin sy deur die stads verkeer na die sentrum toe beweeg waar die salon is.

In die parkeer area is sy gelukkig om n parkeerplek naby die hyser te kry. Met haastige kort treetjies is sy in die hyser en op die volgende vlak klim sy uit en haas haar na die salon toe waar hulle dadelik met haar begin.

Ook Shireen het haarself goed voorberei vir die dag. Sy het haarself in n gemaklike broekpak geklee met n ligte somersjas wat amper tot op die enkels ryk. Daarby n hoed wat sy laag oor die oë kan trek met n groot donkerbril is sy totaal onherkenbaar.

Waar Shireen haar in die Audi sit en inwag beskou sy Rebcca soos sy aanstap na die hyser toe. Perfek geklee in n blou baadjiepak stap Rebecca kort haastige tree.

Toe sy seker is Rebecca is in die hyser ry Shireen n draai tot sy n parkeerplek by die uitgang kry waar sy inglip. Te voet glip sy by die uitgang uit en kom sy by die Stanza in sy parkeerplek. Haastig kyk sy heen en weer maar dit lyk nie of iemand aandag aan haar skenk nie en sluit sy die Stanza oop. Nadat sy die motor aan die gang het glip sy in die parkeer garage in en parkeer so na as moontlik aan die Mercedes.

Paar keer moet sy van parkeerplek verwissel om nader aan die Mercedes te kom maar uiteindelik slaag sy daarin om langs die Mercedes te kom.

Vir Rebecca is dit altyd n ontspannende oggend want twee van haar ryk vriendinne het ook gereelde afsprak hierdie tyd en vlieg die oggend om terwyl hulle sit en gesels en hulle vir die naweek opgetooi word.

Om en by twaalf uur is hulle klaar met haar en is sy haastig weer terug want sy wil by die huis kom waar sy n paar dinge het om te doen. Hulle ontvang vanaand een van Stephen se ryk sakevriende en Rebecca staan bekend as n uithaler gasvrou.

Sy steur haar nie veel aan die ou Datsun Stanza wat langs die Mercedes staan toe sy by haar motor kom en die Mercedes wil oopsluit nie.

Die eerste wat sy besef dat daar fout is toe sy iets in haar rug voel druk en n vrouestem hoor: “Ek druk n pistool in jou rug met n knaldemper. Doen net wat ek vir jou sê as jy jou lewe lief het. Draai nou stadig om en stap normaal om die Stanza. Klim in want ons gaan n entjie ry en jy gaan bestuur. Ek gaan agter jou inklim en die pistool heeltyd op jou gerig hou”.

Rebecca is lam geskrik maar draai stadig om. Die eerste wat sy sien is n vrou met n hoed op wat laag oor haar oë getrek is met n lang dun donker jas aan. Sy het ook n groot donkerbril op wat help om haar gelaat te verberg sodat sy moeilik herkenbaar is. Die pistool in haar hand word bedek met n kledingstuk wat oor haar hand is maar kan sy die bek van die loop duidelik sien.

Rebecca draai om, stap om die Stanza, maak die deur oop en klim in terwyl Shireen agter haar inklim.

Duisende gedagtes maal deur haar kop, gaan sy nou ontvoer word of wat gaan nou met haar gebeur.

“Skakel nou aan en trek uit die parkeerplek uit. Dan ry jy soos ek jou beduie om te ry. Jy sal die kaartjie om uit die parkeerterrein te kom op die paneelbord kry. Moet niks snaaks probeer nie want dan is jy dood”.

Rebecca is dood verskrik en trek uit die parkeerplek uit.

Sy ry op Shireen se instruksies en na n halfuur verlaat hulle die stad en op Shireen se instruksies kies hulle n stil pad om vinnig op n verlate tweespoorpad te kom wat na n verlate mynskag toe lei.

Toe hulle by die mynskag kom en Sireen vir Rebecca laat stop besef Rebecca dat haar lewe op die spel is. Sy het eers gehoop dat sy ontvoer word en dat n losprys ge eis gaan word vir haar vrylating maar nou weet sy, hierdie vrou wil haar vermoor.

Rebecca sit agter die stuurwiel die omgewing en beskou. Die wind roer liggies deur die bossies. Voor hulle staan die verroeste toring van die verlate skag wat omring word deur n paar verlate murasies.

“Hoekom wil jy my vermoor, wat het ek aan jou gedoen”, kom die vraag onwillikeurig terwyl sy haar moordenares in die truspieëltjie beskou.

“Ek is jou man se minnares en jy staan in my pad om sy vrou te word maar jy praat te veel”, kom die antwoord voordat sy bewus raak van n soet reuk. n Hand met n lap in klamp om haar mond en neus. Om nie te versmoor nie moet Rebecca n asemteug intrek en doen die chloroform sy werk en laat Rebecca in n bewustelose toestand weg gly.

Shireen klim dadelik uit, maak die voordeur oop en sleep Rebecca uit die motor uit. Dit is toe dat die eerste onbekende faktor tevoorskyn kom, die ou skag is omhein. Sy het nie haar huiswerk deeglik gedoen nie en sal sy nie by die skag kan kom nie.

Toe sy die omheining bekyk besef sy dat die heining baie oud en verroes is en dat daar tien teen een êrens n stukkende plek gaan wees. Toe sy om die heining loop ontdek sy ook n stukkende plek maar neem dit haar n rukkie om die bewustelose Rebecca tot daar te sleep en deur die gat in die heining te kry. Toe sy uiteindelik Rebcca se liggaam deur die gat het moet sy met n skok ontdek dat die skag toegemaak is en dat sy dus nie Rebecca in die skag kan afgooi nie.

Toe sy dit ontdek begin Shireen paniekerig raak want tyd begin nou teen haar tel. Dan ontdek sy n stuk yster wat daar lê. In haar paniekerige toestand vat sy die yster en slaan Rebecca daarmee oor die kop.

Uit die lug kom n woer woer wat al harder word en maak die helikopter wat oorvlieg Shireen heeltemal paniekbevange. Sy staan doodstil tot die helikopter verdwyn het en dan kruip sy vinnig deur die gat en klim in die Stanza.

Louw Bester, die helikopter vlieënier, sien nie wat onder by die skag is nie, hy vlieg te hoog daarvoor, maar die goudkleurige Stanza, wat by die skagtoring staan trek sy aandag. Hy frons vir n oomblik want sy eerste gedagte is wat maak die motor daar, maar dan laat hy dit daar. Ingedagte maak hy egter n aantekening op sy vlieglog van die tyd en die motor.

Dit is n halwe paniekbevange Shireen wat van die toneel af padgee want n knaende onrus begin in haar posvat dat hier nou besig is om te veel gate in haar waterdigte moordplan te val. Sy maak egter seker dat sy Rebecca se handsak saam met haar neem.

Om sake vir haar te vererger is die Stanza se parkeerplek beset toe sy weer voor die parkeergarage kom. Daar is nie meer tyd om rond te ry tot die parkeerplek oopgaan nie en parkeer sy die Stanza twee parkeerplekke agter die plek waar die Stanza gestaan het en hoop sy dat die eienaar dit nie sal agterkom as hy weer by sy motor kom nie.

Net voor sy die motor afsluit vang haar oog die brandstofnaald en bemerk sy dat die naald gesak het, sy het vergeet om weer brandstof in te gooi. Daar is egter niks wat sy nou aan die saak kan doen nie want om nou weer te ry en brandstof te gaan ingooi gaan net die risiko dat sy dalk nie weer n parkeerplek gaan kry nie verhoog.

Shireen besluit om die saak daar te laat, sluit die motor af en klim uit. Sy sluit die motor weer en verlaat die motor.

Nadat sy die Stanza verlaat kan sy nie vinnig genoeg in die parkeerterrein kom om by haar TT te kom om weg te kom van die parkeergarage en die Stanza nie.

Sy voel half senuweeagtig want haar meester moordplan is nie meer so volmaak as wat sy gedink het dit gaan wees nie, besef sy toe sy in haar woonstel in n leunstoel insak nadat sy vir haar n stywe whisky ingegooi het om haar te kalmeer terwyl die eerste kraak in haar volmaakte moordplan begin ontstaan.

Paul Coetzee is baie heilig op sy Datsun Stanza en toe hy by sy motor kom frons hy. Die motor staan nie op die plek waar hy dit vanoggend geparkeer het nie. Aandagtig staan hy die Datsun en beskou voordat hy die motor oopsluit en inklim. Die parfuumreuk wat liggies in die motor hang vang dadelik Paul se fyn neus.

Paul hou n logboek in die paneelkissie en toe hy dit uithaal om die kilometerlesing af te skryf sien hy dadelik dat dit nie die lesing is wat hy afgeskryf het toe hy vanoggend hier stil gehou het nie, daar is n verskil van tagtig kilometer.

Paul klim weer uit nadat hy die masjienkap oopgetrek het en tel die masjienkap op. Aandagtig beskou hy die masjien maar sien niks verkeerd nie. Dit is toe hy ingedagte aan die masjien voel dat hy voel dat die masjien nog effens warm is en toe weet hy versker, iemand het hierdie motor gebruik.

Dit is toe hy weer inklim en die motor aansluit wat hy bemerk dat die brandstofnaald ook gesak het.

Iemand het beslis sy motor vir een of ander onheiligheid gebruik kom die gedagte by hom op en klim hy weer uit sy motor uit om dit aandagtig te beskou. Wat hom pla is die feit dat daar geen teken is dat daar in die motor ingebreek is nie en geen drade is los of gekortsluit nie. Die gedagte dat die slotte al so geslyt is dat n ander sleutel kon gebruik gewees het kom glad nie by hom op nie.

Vir n paar oomblikke staan hy besluiteloos oor wat om te doen en toe skakel hy die polisie op sy selfoon om die onwettige gebruik van sy motor te rapporteer.

Die aanklagkantoor is half onwillig om n voertuig na so n onbenullige saak uit te stuur maar nadat hy bly aandring daarop besluit hulle tog om n voertuig te stuur om die klag te ondersoek. Al is dit dan net om van hom ontslae te raak.

Toe die patrollievoertuig by hom kom neem die jong, onervare konstabel, net sy verklaring af en keer terug aanklag kantoor toe om dit in die voorvalle boek aan te teken en word die dossier op n hoop gegooi vir die speurtak om die saak die volgende dag verder te ondersoek. Daar is dringerder sake wat nou hulle aandag verg, n motorkaping en n aanranding saak en met die tekort aan voertuie kom hulle nie gou by al die sake uit nie en voel die paterolliewa bevelvoerder in elk geval dat hierdie klagte tydmors was.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed