DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 5
HOOFSTUK 5
Dit is n winderige drie dae later toe Jan Viviers, plaasboer, sy grensdrade te perd patrolleer. Fyn waarnemer wat hy is word sy nuuskierigheid geprikkel oor n klomp aasvoëls wat in die lug bokant die verlate mynskag ronddraai. Uit ondervinding weet hy waar die aasvoëls so draai moet daar iets dood wees. Sy eerste gedagte is dat daar dalk n dooie bees of skaap kan lê en besluit hy om te gaan ondersoek instel.
Dit neem hom n rukkie om deur sy plaasingang tot by die pad te kom en dan volg hy die verlate pad na die mynskag toe.
Wat hy aantref het hy nie verwag nie. Toe hy die aggressiewe klomp aasvoëls weggejaag het ontdek hy die verplunderde oorblyfsels van n vrou wat al erg deur die aasvoëls verniel is.
Dit is nie n mooi gesig nie en Jan voel hoe die naarheid in sy keel opstoot. Hy behou egter teenwoordigheid van gees en skakel die polisie dadelik op sy selfoon om hulle in kennis te stel van die lyk wat hy ontdek het.
Dit is n halfuur later wat die patrolliewa op die toneel aankom. Sersant Koos Benade is in bevel van die patrolliewa en en roep dadelik n speurder en die forensiese span op die radio in.
Toe die berig by die speurders uitkom laat roep kolonel le Grange dadelik vir Kas Dreyer.
“Kaptein n plaasboer het n vrou se liggaam onder n ou verlate mynskag gekry. Die liggaam moet al n paar dae daar lê want blykbaar het die aasvoëls al die liggaam begin plunder. Ek het n aaklige vermoede dat dit Rebecca Morrison se liggaam is wat daar lê. Ek dink jy moet maar gaan kyk en dan sit jy nou met n moordsaak”, stel le Grange vir Kas in kennis.
Kas antwoord dadelik: “Kolonel dan is dit nou handskoene af want nou is dit n moordsaak en kan ek inklim om hierdie moord op te los”, is Kas se kommentaar terwyl hy aanstap deur toe.
Nadat hy die presiese plek in die aanklagkantoor gaan bepaal het ry Kas na die toneel toe. By die toneel aangekom moet hulle nog n rukkie vir die lykswa en die forensiese span wag. Intussen ondervra Kas vir Jan Viviers, nadat hy homself voorgestel het, wat hom vertel hoe hy die lyk ontdek het en dadelik die polisie in kenns gestel het.
“Mnr. Viviers as jy moet oordeel, hoe lank sou jy sê lê hierdie liggaam al hier”.
“Kaptein ek sou skat so drie dae as ek na die plundering deur die aasvoëls kyk”, antwoord Jan terwyl die forensiese mense op die toneel aankom.
Hulle is geharde manne wat al op grusame tonele afgekom het maar hierdie gesig laat hulle n knop in die keel wegsluk want dit is nie n mooi gesig nie. Hulle begin egter dadelik met hulle werk om bewysstukke vir n moord te soek en die nodige fotos te neem.
Nou kan Kas ook naderstap en weet hy dadelik toe hy die verflenterde liggaam sien, dit is Rebecca Morrison wat hier lê. Die duur juwele aan die liggaam en wat van oor is van haar klere, nadat die aasvoëls dit geplunder het, wys dat die n vrou uit die hoë klas is wat hier lê.
Sommige van die forensiese manne begin die omgewing fynkamp en ontdek hulle gou die gat in die heining en die sleepmerke. Effens dof kry hulle die motorspore en begin dadelik afdrukke daarvan maak.
Die pataloog, dokter Veronica du Preez wat baie saam met Kas werk ondersoek die verflenterde liggaam versigtig en kyk dan vir Kas: “Kaptein sy is met n swaar voorwerp oor die kop geslaan. Kyk vir n swaar stuk yster hier rond maar ek sal jou n tyd van dood en meer besonderhede na n lykskouing kan gee”.
Sy staan op en wys vir die helpers dat hulle maar die liggaam kan verwyder nadat die forensiese manne die juwele versigtig verwyder het en in n sak verseël.
Kas is intussen aan die dink en deel dit met die pataloog: “Ek weet nog nie wat die motief vir hierdie moord is nie. Roof kan dit nie wees want dan sou hulle haar juwele geroof het. Haar handsak is weg maar ons het eers vermoed sy is ontvoer of het net verdwyn. Haar bankrekening wys egter geen onttrekkings nie”.
Een van die forensiese manne trek Kas se aandag: “Kaptein ons het spore gekry. Dit moet die persoon wat die vermoorde onder die skag ingesleep het se spore wees. Ons gaan nou afdrukke maak maar ek dink jy het met n moordenares te doen. Lyk soos n vroueskoen se spoor”.
Hy wys na die spore en lig Kas in: “Hier kan jy sien moes sy vastrap om die liggaam te sleep en hierdie ander ry spore moet wees toe sy pad gegee het. Hulle is nie so ver uitmekaar uit nie en nie so diep getrap nie. Hier is die stukkende plek in die heining wat die vermoorde deurgesleep is”.
Die man wat die afdrukke van die motorspore maak lewer ook kommentaar: “Kaptein hierdie moet n ouerige klein motor met n smal band wees. Ek sien dit aan die bande se afdrukke. Hierdie tipe bande word nie op vandag se motors gebruik nie”.
“Kaptein hier is die moordwapen”, roep nog een van die forensiese manne terwyl hy na n suk ysterstaaf wat in tussen die bossies lê wys.
Kas stap nader en die man wys met sy vinger na die punt van die ysterstaaf: “Daar sit hare en gedroogde menslike weefsel nog vas kaptein”, merk hy op en die staaf, met handskoene aan, optel en in n groot plastieksak druk om dit te verseël.
“Ons sal D.N.A. toetse moet laat doen, dit vergelyk met hare en velweefsel van die oorledene maar ek is doodseker dit is die wapen”, merk die man op.
Twee ure later is die toneel opgeruim en Kas keer terug kantoor toe terwyl die wind die bossies en lang gras bly roer.
Op kantoor gaan hy dadelik na kolonel le Grange toe om verslag te doen voordat hy Morrison in kennis gaan stel dat hulle vermoedelik sy vrou gekry het.
Toe Kas le Grange se kantoor instap val hy dadelik met die deur in die huis: “Kolonel dit is beslis Rebecca Morrison se liggaam wat daar gevind is. Ek lei dit af van die juwele en dit wat ons kan sien aan die kleredrag wat oor is nadat die aasvoëls daarmee klaar is. Sy is met n stuk yster,wat ons op die toneel gevind het oor die kop geslaan wat haar skedel gedeeltelik verbrysel het”.
Kas swyg n oomblik en gaan dan aan: “Dit wil voorkom asof sy met n ouerige motor tot daar gebring is en toe vermoor is volgens wat forensies op die toneel gevind het. Volgens die verwaaide skoenafdrukke op die toneel lyk dit of dit deur n vroueskoen gemaak is. Lyk dus of ons met n moordenares te doen het”.
Le Grange praat die eerste keer: “Kaptein dan sal jy Morrison in kennis moet gaan stel. Dink jy hy sal haar nog kan uitken”.
Kas knik sy kop: “Ek glo so kolonel. Dit aan nie n aangename taak vir hom wees nie maar dit moet gedoen word”, sê Kas terwyl hy opstaan om na Morrison se kantoor te gaan. Hy glo dat Morrison nog op kantoor sal wees.
Toe hy in die deur staan merk kolonel le Grange op: “Kaptein sodra sy positief uitgeken is moet jy my verwittig dat ons die pers se hulp kan inroep. Dalk het iemand iets verdags daardie dag opgemerk”.
Kas knik sy kop bevestigend en verdwyn om Morrison in kennis te gaan stel.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hier kom n ding!! Heerlik aan hierdie spanningsverhaal gelees Neels