
DIE NAG SE ROWERS
Onkundig laat die nag se rowers
‘n gesteelde eier in die oggendure val
en gun die son ‘n kans om sy kleurpallet
op die dag se stoep te plas.
Die nag se rowers grom en stoei
en probeer met hul donker nagtonge
die geel van dag te lek tot nag
Die dag lek geel deur die nag se krakies
en rol met ‘n lag oor die nag se slagysters
tussen die groenvoer lande
op die walle van die Kei rivier.
…Hulle staan dweepstert op die horison
die nag se rowers
want soos op die Skeppingsdag bepaal
sal ‘n gesteelde eier weer in die oggendure val
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig!