Jongste aktiwiteit:

BAKHAND

Bakhand staan ek voor die oggendson se deur en wag
dat die nagwag die grendel ooptrek
en my ʼn bakhand vol oggend sonstrale leen

Met spons voete loop ek pad-af
ʼn bakhand vol geleende sonstrale
om jou oopmaak ogies met goud te plas

Bakhand geleende sonstrale lek en plof
en lei die dag tot by jou voordeur
waar ek ʼn bakhand sonstrale in jou briewebussie laat

Die dag rek sy spiere en stuur sy spioene
om die laatslapers van die nag wakker te gaan maak
met my bakhand geleende sonstrale

Bakhand tel ek vir my ʼn paar sonstrale op
en loop tot by die nagwag se grendel deur
waar ek my bakhand vol geleende sonstrale
verruil vir ʼn bakhand vol maanstrale
wat ek in jou briewebussie wil gaan laat…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed