ALLES OP PAPIER 1
Gly die penveer uit die inkpot
spat digtersbloed woorde op ‘n stukkie wit papier uit
toegevou in menswees
en al wat oorbly is vir jou om dit te lees
Tog, alles op papier is mooi en ordelik
nie soos die kettingreaksie ontploffings in my hart
wat geen orde skep op papier van vlees
in die verlange na vryheid
wat die duifies vir my bring
Eers na die ooste
dan weer terughaas na die weste
en ek voel soos ‘n blinde met ‘n stok
‘n dowe met geen woord gehok
en tog bly alles net op papier
…Dan kyk ek op en sien Godshand na my gestrek
en slaan die kruishout gade
die bloed op hoof
hande
sy
voete
iewers vir my in ‘n vreemde land gegiet
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Puik gepen