
die of dat
–
my duin lê plat
lang naweek se verkeer
my gees geborrel en gekook
ou spiere wakker gemaak
en my siel verskerp
met adrenalien
–
agter my duin
lê die see glad en stil
geen jolyt of gegil meer
toue voertuie verdwyn
oor duine en velde
volgende keer
–
drie dae op die branders
het lywe verbruin en gerooster
tot natuurlike vitamien D se krag
by elke ogie en gaatjie wou uit
en selfs die siele begin juig
nou weer aanhou lê voor
–
feesdae gaan soos mis verby
een juig en ander wil opstyg daarvan
die lewe vol verkniesde rimpels van weleer
waaruit sogenaamde morele kulture
ontspring, blom en verlep
lewe bly maar ‘n slep
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.