Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: TETELESTAI

Deur Marlene Erasmus
Datum gepubliseer: 5 April 2021 Aantal woorde: 361 264 Kere gelees 5

Met sewe kruiswoorde – Tetelestai !

sewe is die volmaakte getal en
met net sewe kruiswoorde hoor
ons die volle omvang van
Jesus se liefde vir ons:

“Vader, vergeef hulle, want hulle
weet nie wat hulle doen nie!”
nooit! wie is dan Jesus se vyande?
so dikwels wys ons vinger na ander,
maar almal is vanweë sonde Sy vyand!
groot is die troos – Hy het vir
ons aan die kruis gesterf

“Ek verseker jou: Vandag sal jy
saam met My in die paradys wees.”
twee skurke saam Jesus aan die
kruis – slegs een hoor egter
die troos is Jesus se liefde vir
verlore sondaars wat besef dat
Hy verlossing vir ons skenk

“Daar is u seun … daar is jou moeder”
in Sy diepste nood dink Hy nie
aan homself nie, maar sien
pyn en lyding raak van Sy dierbares
Sy liefde en omgee bied die enigste
ware vertroosting vir ons gebrokenheid
in ‘n baie stukkende wêreld om ons

“My God, my God, waarom het U
My verlaat?” roep Hy Godverlate uit
slegs een keer draai God Sy rug op
iemand – op Jesus – dit is ware hel!
so het Jesus die volle straf gedra
dat ons nooit hoef uit te roep – “My God,
my God, waarom het U My verlaat?”

“Ek is dors.” – uitroep van smart
Jesus het na liggaam en siel gely
en so Sy soewereine liefde vir ons
bewys: by Hom kan ons lewende
water kry wat ‘n lafenis is vir ons
lyding hier op aard …
tot ons eens in die Hemel sal woon

“Dit is volbring!” waar Jesus vir ons
kom sê sy werk as slaaf is voltooi
en dat Hy as Koning kan begin werk
die mag van die sonde is gebreek –
geen houvas op ons meer, ons het
‘n nuwe lewe saam met God!
as die lewensstorme om jou slaan

“Vader, in u hande gee Ek my gees oor.”
met Sy lewe het Hy vir ons kom wys
hoe om te lewe, met sy dood het Hy
vir ons kom wys hoe om te sterf
die hiernamaals bly vir ons ‘n raaisel
in Sy laaste kruiswoord kom troos Hy
ons afsterwe is slegs ‘n deurgang:

Tetelestai

©Marlene Erasmus
05/04/2021




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 93
Kommentaar telling: 5

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 104 gaste aanlyn

Bydraes – Argief