Die son staan stil
Tussen Boesmanland en Bo-Karoo
lê heuwels met son verbrande klip-kaiings besaai
steenkool swart op ‘n vaal vloer
daar in die Verneukpan kontrei
Brandvlei se ses geboutjies lankal agtergelaat
nie eens ‘n dassie of voëltjie om van te praat
nie ‘n aasvoël wat draai en sweef
en die son staan stil
‘n lintwurm teerpad strek ewiglik vooruit
waterlose vlaktes lê oopgevlek soos skuurpapier
en die son staan stil in dié land
dié Boesmanland
Al teken van die San en Koi;
.. die Kokerboom met geen meer nut
daar’s nie ‘n boog
of ‘n skut
In rooi-stof-sand staan Kameeldorings geanker
waar familie-vinke gras kastele bou
Sonbesies sing hul laaste middag lied
en die son staan steeds stil.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.