Jesebel
teer vou my palms om my kerspitlig
skulp bakhand om die goue vlam
beskermd teen die aanslae van braaksels
… braaksels uit jou bedorwe hart
swart speeksel wat drup… drup… drup
woede wat uit jou oë vlam
… haat
… afguns
… nyd
… jaloesie
wanneer jy dan steeds vernietigende gal
uit jou buik laat ontsnap
verstikkend in woede kook en borrel
kniel ek biddend;
word jy nietige stof voor my voete
die vlam van my kers opnuut ‘n helder son
wat die besmette was van
jou spottersliggaam
sal suiwer en louter
sodat jy opnuut
in bevryde genade kan
drup…
drup…
drup…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek