Want jy kan
so baie hoor ń mens “ek kan nie”
hoekom “kan jy dan nie”
want jou lippe spreek dit altyd
oor en oor vertel jy jou dit self
en jou brein vat dit en siedaar
“jy kan nie” whalla
en negatiwiteit kry die oorhand
maar kom by die dag uit
waar jy vir die moeilikste ding
begin sê ” jy kan” en sien vir jouself
dit kan gedoen word
klop jouself dan bietjie op die skouer
want jy het jouself oortuig dat jy kan
sê dit weer en weer hardop dat jy kan
en sien hoe verander nie kan nie!
na kan toe
oortuig jou self in jou eie woorde
en alles oorbrug die koelste gevoel
van ek het want ek kon
moet nooit vergeet van al die kere
wat jy presies gedoen het
wat jy gedink het jy nooit kon doen nie
basta met nee jy kan nie
WANT JY KAN
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.