Waar is jou hart
verdeeldheid kom lê in so baie
dinge wat die wereld om jou
om ver werp en jou hart
soms in stukke uitmekaar ruk
dan vra ek soms “waar is jou hart”!
want die woordjie glo
het ń bekende woord geword
maar hoe diep het glo geword by sommige
want ek hoor hoe hulle sê
ek glo maar niks kom reg nie
lees ek tog in die woord van
“ver is hul hart van My”!
en besef ek weereens
hul spreek die woord ek glo
maar “waar is jou hart” mens
en so deur my denke besef ek
my huis is waar Jesus is
in my hart daar waar ek Hom koester
elke dag, elke oomblik elke minuut
want vrede beleef ek in Sy vreugde
of dit goed gaan of sleg gaan
my hart loop oor vir Jesus
dan kom die vraag weer op
oordink jy God dag en nag
is Hy in jou kom of in jou gaan
eet en drink jy werklik Sy bestaan
of aanvaar jy maar net God is daar
Hy moét voorsien want dit was Sy belofte
hoe leef jy in daardie bestaan van Hom
leef jy die voorbeeld van Jesus
of glo jou glo maar net Hy is gekruisig
en nou is my sonde geen las meer vir Hom
want Hy het reeds vir my sonde betaal
nou kan ek maar leef soos ek wil
en net daar sit jy die pot ver mis
en jou storms kom en gaan en God
word beskuldig en jou hoekoms
en waaroms word nie minder nie
jou gebede bly op dowe ore
want hoekom hoor God my dan nie
maar die feit bly staan wat het jy betaal
om God se genade te kon verdien het
want so baie sien ek net onvergewensgesindhede
Godsbelange wat eenkant geskuif word
die kerk het my seer gemaak
ń verskoning wat jou net verder
verwyder van God
“Hy” het mos die prys betaal
en net daar word ek bewoë in my hart
raak ek stom van verslaendheid
want besef ek “ver is hul hart van Hom”
Dan sê ek vir myself Suid Afrika
jy het jou hart verloor jou diepte is geskend
maar jy self is verantwoordelik vir daardie skending
want jy is ver verwyder van God
jou hart is nie meer waar dit hoort nie
jou Bybel lê toegegooi onder die stof
die woord glo is net ń daaglikse woordjie
want jy het nog geensins betaal vir Jesus nie
bekering lê op dowe ore die doel wat jou laat lewe
vrede en vreugde lê nie net in glo nie
dit lê in wat jy ook opoffer vir Jesus
Sy liggaam het Hy vir jou opgeoffer
wat offer jy op vir Hom in ruil vir genade
want genade word verdien nie net uitgedeel nie
my vraag weer “Waar lê jou hart” vandag
ń Seun is vir ons gebore
ń Seun is vir ons gekruisig
‘n Seun het weer opgestaan
wedergebore is Hy vir lewe ewiglik
“Waar lê jou hart”
is jy wedergebore in Jesus
is jy gedoop in Sy gees
gaan jy opstaan ook soos Hy
vir die ewige lewe
oordink jy Hom dag en nag
WAAR STAAN JY SUID AFRIKA
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.