Jongste aktiwiteit:

Die stilte in my

Die stilte in my

Ek sit alleen langs die waterstroompie
en hoor die stilte met my praat
ja…

Luister …
sjuuuuut….
Hoor jy…
die stilte in my
psige wat met my praat
diep gewortel
vertroetel diep diep
waar ek self daarna soek
sagte melodieë
in harmonieë
barok speel
diep in die
stilte
in
my

Sjuuuuut

Sjuuuuut….
Saggies….
Hoor jy die fluistering
in die wind in die stilte in die akkoorde
van die eggo’s in die berge en dale
luister jy na die Piet-my-vrou wat sing
sonder vooraf oefen en sonder enige woorde
in die wye natuur as hul verhoog en sale

Sjuuuut ….
Saggies ….
Luister na ritsel van blare
na die wind tussen bome deur
watervalle wat diep duik na onder
die wind geruisloos deur jou hare
die reënboog in die wolke in wonderkleur
hoor jy in die stilte God se skeppingswonder
voel jy sy genade

Sjuuuuut ….
Saggies ….

Hoor julle die stilte…?
Hoor jy die stilte in jou …?
Hoor jy hoe die stilte hier langs die waterstroompie met jou praat …?

Hoor julle?

Hoor julle SY stem…?




1 Kommentaar

  • Toom

    Baie mooi, baie sterk -- die twee van vandag, die stilte en die sterwende digter! Twee verskillende stemmings goed ,gevang': Wat vir 'n verskeidenheit INK kan uit een pen vloei! Dankie. GvT

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed