Jongste aktiwiteit:

Die Ware Ek

Die Ware Ek

Kul jou hier,
kul jou daar
wat jy sien is nie regtig ek
maar bloot ‘n misleidende
fassade waaragter die ware ek
incognito skuil as ‘n skaduskim
sku vir skerp lig se blootstelling
eintlik maar ‘n introvert maar soms
tog ‘n vrolike ekstrovert bietjie verleë
Ek is ‘n lewenslange gevangene van my
eie herkoms en vrywillig onderworpe aan
die tradisies in volkskruikgene gebêre en
uitvloei na nasate en ingebed in my gene,
‘n etoserfenis afkomstig van eeue oue beskawings
uit Dietse volke wat onherroeplik en trots
deur my are vloei, en my lewe beinvloed – – –
Ek is dus ‘n erfenisproduk, en die
paradoks is ek voel vry in my gevangenskap en
leef my ideale, talente, emosies van vreugde
verdriet haat en bo alles die liefde ongebonde
uit binne die mure van my herkoms, en dit is
die ware ek – – –

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed