Moenie Bang Wees
Moenie Bang Wees
Thula, thula
my kindjie,
as die aandskemering
en onrus jou oorval
moenie bang wees vir die
naggeluidjies nie my kindjie
thula, thula nou wees rustig
ek hou jou veilig in my arms – – –
Buite het die naglewe ontwaak
en die muisies skarrel oral rond
tussen die bossies om veilig uit
oupa uil se skerp kloue en oë te bly
as hy met verbyvlugte soekend oor hulle
sweef en later sy hoe-hoe laat hoor – – –
Moenie bang wees my kindjie
dit was net ‘n vlermuis wat verby ons
swiep en ‘n onverskillige mot in vlug onderskep – – –
Thula, thula nou wees rustig,
ek hou jou veilig teenaan my hartklop,
thula, thula – – –
Janetta – Helena [Babs]©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Thula, thula . . . stil my kind. Jou gedig is baie vertroostend :-)