Jongste aktiwiteit:

DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 11

Sewe uur die oggend is die hele span op kantoor. Die verwagte dossiere kom nat na sewe aan. Dit is n moeë Hennie Aucamp wat die dossiere op Kas se tafel neersit met die opmerking; “Daar het jy al die beskuldigdes wat saam met Petsani in die bekuldigdebank was se dossiere ook. Kas ek is oortuig daarvan dat dit een van hierdie manne was en dat Petsani die hele ding uit die tronk uit gereël het”.

Hennie groet en is net uit toe kolonel Vermeulen die kantoor instap met n klomp dossiere op sy arm wat hy voor Kas neersit nadat hy gegroet het.

Kas bedank hom en begin hulle saam al die dossiere bestudeer. Dat Pitsani n harde rampokker is kom duidelik na vore uit die dossiere

Luitenant Tau en sersant Mofokeng kyk saam deur die dossiere tot hulle by n foto kom wat hulle aan die gesels sit terwyl hulle herhaaldelik na die foto wys.

“Jakob Moshongi is ons man kaptein. Kyk na sy dossier, ou inbreker en was al onder verdenking vir moord maar daar kon nooit niks teen hom bewys word nie. Het al gesit vir inbrake en kan wees dat hy op parool uit is. Ek dink ons moet hom opspoor. As hy op parool is sal dit maklik wees om hom te kry”, merk luitenant Tau tenoor Kas op.

“Manne laat ons aan die werk spring. Luitenant Tau sal bietjie vir Pitsane gaan kuier en sommer uitvind of Moshongi op parool uit is. Ek en Alwyn gaan gou die handelaars en sekuriteitsplekke naby die handelaars besoek en sers. Mofokeng sal bietjie gaan ronddwaal en n oor op die spoor gooi vir enige nuttige inligting oor Moshongi. Ek wil die moordenaar van Irene Swart voor die naweek agter tralies sit”, deel Kas opdragte uit.

Gewapen met fotos van Moshongi verdeel Kas en Alwyn dadelik, Kas gaan besoek eerste die sekuriteitsfirmas naby die Delta handelaar en Alwyn die sekuriteitsfirmas naby die Volkswagen handelaar.

Kas slaan goud by “City Security” regoor die Delta handelaar toe hy Moshongi se foto vir hulle wys en vra of die man by die onderdele hom onthou.

“Hierdie gesig met die merke onthou ek Kaptein. Hy het hier n duplikaat “remote” vir n huis en n hek laat maak met die verskoning dat sy vrou haar sleutels verloor het.
Wat vir my snaaks was was dat hy nie belang gestel het om die alarm en hek te laat oor kodeer nie want dit is juis die belangrikste om te doen, anders kan die man wat die verlore sleutels het, maklik toegang tot die eiendom verkry”, is die opmerking wat die man maak.

“Kon jy onthou wat se sleutels was aan die “remote”, vra Kas.

“Dit was n Isuzu se sleutels. Ek onthou die beeldjie van n hengelaar wat aan die sleutels was wat nogal my aandag getrek het. Ek kan nie meer die presiese tyd en datum onthou nie kaptein maar as jy vir my n datum en min of meer n tyd kan bring sal ek kan help”, kom die antwoord.
Kas bedank die man en stap na die Delta handelaar se werkswinkel toe waar hy deur n klein blondekoppe ontvang word met n guitige: “Kan ek help”.

“Ek is kaptein Kas Dreyer van moord en roof wat die moord na Irene Swart ondersoek. Ek wil weet wanneer meneer Herman Swart se Isuzu hier was vir n diens. Volgens meneer Swart was dit voor verlede week in Woensdag. Ek wil ook weet wie die tegnikus was wat die voertuig gediens het”.

Terwyl blondekoppie op haar rekenaar ingaan dwaal Kas se oë oor die groot bord waaraan n hele klomp voertuie se sleutels hang, seker voertuie wat gediens moet word en klaar gediens is.

Blondekoppie kry wat sy soek op die rekenaar en antwoord sy vir Kas: “Dit is korrek kaptein. Die voertuig is om 08h15 ingeboek en is die middag drie uur afgehaal alhoewel die voertuig al elf uur klaar gediens was”.

“Juffrou, as die voertuig klaar gediens is waar gaan die sleutels heen”, is Kas se volgende vraag.

“Die teginkus gee dit vir my as hy klaar is saam met werkskaart. Ek hang dit dan op en berei die werkskaart en die kliënt se faktuur voor”, antwoord blondie

“Is daar nie n moontlikheid dat iemand die sleutels hier kan verwyder sonder dat jy dit agterkom nie. Kom ons sê as jy gou wil toilet toe gaan of iets”, vra Kas.

Dit is asof sy skrik vir die vraag en Kas merk dit dadelik op. Hier is iets verkeerd, besef Kas dadelik en besluit om Blondie bietjie te druk

“Juffrou het hier nog nooit sleutels weggeraak of soek geraak dat julle dit later kry nie, byvoorbeeld dat mnr. Swart se sleutels dalk soek geraak het nie” vra Kas.

Blondie bars in trane uit en gaan aan die huil. Dit trek die werkswinkel bestuurder se aandag wat naderstaan en verneem of daar n probleem is. Kas stel homself voor en verduidelik die doel van sy besoek en ondervraging. Die werkswinkel bestuurder stel homself voor as Piet Combrinck. Kas herhaal sy vrae en Piet antwoord.

“Kaptein dit gebeur nie maklik nie. Dit het wel met mnr. Swart se sleutels gebeur. Toe die tegnikus die voertuig wou kom haal om in te neem vir n diens was die sleutels net eenvoudig weg. Ons het almal begin soek, die dametjie was histeries en toe ons weer sien lê die sleutels weer op die toonbank. Ek vermoed sy was dalk toilet toe of iets en iemand het toe sy kans waargeneem om die sleutels te neem vir een of ander onverklaarbare rede”.

“Dit was om n spaar “remote” van die huis se sleutels te laat maak mnr. Combrinck. Kan jy onthou hoe laat dit gebeur het”, vra Kas.

“Dit was net na tien wat ons ontdek het die sleutels is weg. Ons het die sleutels so net na elf op die toonbank gekry”, antwoord Combrinck.

“Dit was Irene Swart se moordenaar wat die sleutel gesteel het om n spaar “remote” te laat maak meneer Combrinck. Jy en die juffrou sal moet vir my verklarings aflê oor wat gebeur het en as ons hom aangekeer het sal julle dalk in die hof moet verskyn om getuienis af te lê”, versoek Kas

Terwyl hy wag dat die twee hulle verklarings aflê maak Kas n paar oproepe om Alwyn terug te roep en om die net uit te gooi om Moshongi aan te keer.

Nadat hy hulle verklarings ontvang het bedank Kas hulle en stap na “City Securety” toe terwyl hy Alwyn skakel en hom meedeel dat hy reggekom het in die oplossing van die raaisel. Toe hy die tyd vir die man by die onderdele gee gaan hy dadelik op sy rekenaar. Dit neem hom nie lank om te vind wat hulle soek nie en druk hy n kwitansie vir Kas.

“Daar is hy kaptein, die “remote’ is om kwart oor tien gemaak terwyl merkgesig gewag het”, antwoord die man terwyl hy die kwitansie aan Kas oorhandig.

Kas neem weer n verklaring af waarna hy terug kantoor toe vertrek en die res van sy span terug roep vir verdere beraadslaging om Moshongi in die hande te kry. Hy skakel ook vir Herman Swart en deel hom mee hoe hulle gevorder het en dat hulle nou die moordenaar positief ge identifiseer het, dit is nou net n kwessie van hom aankeer. Hy raai Herman ook dringend aan om dadelik sy koderings op die huis en die hek te laat verander sodat die spaar “remote” wat nou rondloop nutteloos is.

Dit is een uur die middag toe hulle in kolonel le Grange se kantoor vergader om hom ook oor die vordering van die ondersoek in te lig




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed