DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 12
Die eerste ligpunt kom van luitenant Tau af: “Ek het Moshongi se adres by korrektiewe dienste gekry asook die naam van sy korrektiewe beampte. Volgens die korrektiewe beampte mag hy glad nie die huis na ure verlaat nie en word sy bewegings beperk tot sy huis en tot sy sogenaamde “tuck shop” wat hy bedryf. Die huis is langs die “tuck shop” Hy mag ook voorrade gaan aankoop maar dan moet hy die korrektiewe beampte in kennis stel. Volgens die korrektiewe beampte kom hy sy parool voorwaardes nogal gereeld na. Ek het die foto bietjie onder die bewaarders rondgewys maar dit lyk nie of hy vir Petsani besoek nie. Hy mag een besoek per week ontvang en dit is net Moshongi se seun, Piet, wat hom besoek”.
Kolonel le Grange vra: “Kon jy met Petsani gesels luitenant”.
“Ek het maar hy ontken dat hy enigiets met die moord te doen het. Hy het n redelike “show” opgesit maar ek is oortuig daarvan dat hy dit wel gereël het uit die tronk uit”, antwoord Tau.
Kolonel le Grange sit n paar oomblikke en nadink voordat hy opdrag gee: “Goed, ek dink dit is tyd om Moshongi te gaan haal. Ek verwag dat hy gaan teenstand bied en ons moet nog n paar manne by kry om hom te gaan haal. Ek stel voor ons reël n klopjag vir more oggend vroeg en bring sommer Petsani se seun ook in want hy was die “runner” tussen hierdie twee. Ek sal die pers vanmiddag inlig dat die ondersoek in n gevorderde stadium is, ek kan nie meer inligting gee nie, want skurke lees ook koerante en ek wil nie dat Moshongi nou snuf in die neus kry nie want dan verdwyn hy. Ek dink in elk geval dat hierdie “tuck shop” net n front is en dat dit n dwelmnes is en die huis vir prostitusie gebruik word. Ek gaan narkotika ook in hierdie klojag betrek”.
Le Grange tel sy telefoon op en begin n paar oproepe maak om die klopjag te reël. Dit neem hom n halfuur om die nodige te doen en toe hy die telefoon die laaste keer neersit praat hy met die span.
“Die uniform manne sal gewapende bystand verleen en narkotika gaan deel van die klopjag uitmaak. Almal sal net na sesuur by die aanklag kantoor bymekaar kom om dan Soweto toe te beweeg waar n paar manne van Soweto se polisiestasies by ons sal aansluit. Ons sal dan net na agt toeslaan en dan die “tuck shop” en die huis omkeer. Ek verwag teenstand en die uniform manne sal gewapen wees met skerppunt ammunisie en rook granate, ek wil nie kanse vat nie manne. Hierdie is n gewetenlose skurk wat nie sommer net sal oorgee nie”, sluit kolonel le Grange die vergadering af
Dit is net na agt toe die taakspan stil om die “tuck shop” begin saamtrek. Die leier van die taakspan, kaptein Jack de Vries, het voor die tyd gegaan om eers sake deur te kyk voor die res van die span inbeweeg. Wat dadelik opval is dat daar slegs n klein deurtjie is wat in die winkel inlei. Binne is die winkel redelik donker wat sake gaan bemoeilik. Toe die res van die span inbeweeg kom Moshongi dadelik agter dat hier groot fout is. Hy neem sy afgesaagde hael geweer onder die toonbank uit en beweeg na n hoek toe waar hy uit die sig is en nie van buite af gesien kan word nie. Die mense wat in die straat is kom dadelik agter dat hier iets aan die gang is en laat spat in alle rigtings
Kaptein de Vries knik vir een van die manne wat vorentoe sluip en langs die deur stelling inneem. De Vries wil geen kanse wag nie en besluit om Moshongi een kans te gee om uit te kom. Hy praat eenkeer op die megafoon waarin hy Moshongi versoek om met sy hande in die lug uit te kom. Moshongi reageer nie en kaptein de Vries wys n duim op vir die man langs die deur wat dadelik n rook granaat in die winkel ingooi.
Moshongi sien dadelik die rook uit die granaat uitborrel toe die granaat grondvat en besef dat hy gaan verstik in die rook wat die plek vul. Hy spring oor die toonbank en storm deur die rook op die deur af met sy hael geweer reg om te skiet. Die rook waai egter in sy oë in en kan hy nie mooi sien toe hy by die deur uitstorm nie
Toe hy by die deur uitstorm is die manne reg vir hom en voordat hy n skoot kan aftrek klap n skoot en steier hy toe die koeël hom in die skouer tref. Hy laat val die hael geweer en slaan in die straat neer.
Alwyn merk dadelik sy skoensole op en vestig Kas se aandag daarop: “Kaptein daardie sole pas perfek in die afdruk wat op die moord toneel gemaak is . Kyk die sny in een van die spore, net soos die sny in die afdruk”.
Die uniform manne is dadelik by en word hy geboei en regop getel. Skrams skoot sien hulle dadelik en klim een van die uniform manne op n radio om n ambulans te ontbied terwyl Alwyn hom meedeel dat hy in hegtenis geneem word vir die moord op Irene Swart en sy regte vir hom voorlees.
Toe die manne die huis storm is Piet die eerste een wat uit die huis uitpeul met sy hande in die lug. Hy word gevolg deur drie vroue en word hulle almal summier agter in n patrolliewa gelaai en toegesluit.
Narkotika se manne begin die plek omkeer en ontdek hulle dadelik n hoeveelheid dwelms en kaste bier onder die toonbank en word Moshongi weer gearresteer vir die besit van dwelms voordat die ambulans hom onder gewapende begeleiding wegneem. Die “remote” word in n kassie met rommel gevind.
Uiteindelik is almal klaar op die toneel en vertek die patrolliewaens weer terug stasie toe. Die huis het n vrugbare opbrengs van dwelms gelewer en is die vrouens onder arres vir dwelms en prostitusie en Piet het n verdere aanklag van medepligtig in moord teen hom.
Terug in die kantoor sit die span en beraadslag en Kas se eerste opmerking is: “Ons moet nou die spul aan mekaar sit en bewyse kry voordat ons die spul voor die hof kry anders gaan die saak sink. Ek dink vir n begin moet luitenant Tau vir Petsani gaan kuier en hom die goeie nuus, dat sy vriende onder arres is, meedeel. Ek en Alwyn gaan bietjie vir Moshongi kuier en sersant Mofokeng kan bietjie met Piet se gal werk maar eers gaan ons kyk of hierdie “remote” die hek en die huis oop en toe maak. Hoop net die kodering is nog nie verander nie”.
Kas tel die telefoon op en skakel vir Herman Swart. Tot sy blydskap moet hy hoor dat die sekuriteitsmense die kodering deur die dag sal kom verander en Kas vra dat hy die mense moet keer tot hy daar kom.
Oppad hospitaal toe stop Kas en Alwyn by Herman Swart se huis. Kas druk die “remote” en die hek gaan oop. Herman kom uit en op Kas se versoek word al die deure toe gemaak. Toe Kas die knoppie druk word die alarm geaktiveer.
“Daar het ons dit, n waterdigte saak teen Moshongi. Herman ons het jou vrou se moordenaar aangekeer. Ons het hom in n klopjag gaan uithaal vanmore en hy lê in die hospitaal met n skietwond”.
Op Herman se vraag waarom sou die man sy vrou vermoor het antwoord Kas: “Dit was n weerwraak moord uit die tronk uit gereël Herman. Jou vrou het Lucky Boy Petsani so vyf jaar terug lewenslank tronk toe gestuur. Hy het jou vrou ook in die hof gedreig maar gelukkig het Hennie Aucamp die voorval onthou en het die dossiere gaan opsoek. Met die dossiere van die hof af en die wat ons van narkotika af gekry het was dit maklik om die spul aan mekaar te sit. Ons gaan hulle nou begin ondervra maar die bewyse is dodelik”.
“Kas ek kan jou nie genoeg bedank nie. Nou kan ons Irene more met vrede in ons harte begrawe met die wete dat haar moordenaars gaan betaal vir hierdie onsinnige moord op haar”, antwoor Herman voor hulle groet en Kas en Alwyn vertrek hospitaal toe om met sy ondervraging van Moshongi te begin.
Oppad hospitaal toe versoek Kas vir Alwyn: “Alwyn hierdie is eintlik jou saak, ek gee maar net raad. Jy kan die ondervraging doen, ek sal maar net vrae vra wat ek dink van belang is”.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.