DIE WINKENDE DOOD HFSTK 7
Maandagaand toe Dalene by die huis kom is Catherine dadelik by haar en val dadelik met die deur in die huis: “Dalene ek wil ernstig met jou praat. Jy is besig om jou eie lewe te verwoes met jou lewenswyse. Die daggasigarette wat jy rook gaan jou na sterker dwelms dryf as dit nie reeds die geval is nie want wat lê daar”,sê sy en wys na die spuit wat op die tafeltjie langs die rusbank lê.
Dalene is dadelik agressief en op die aanval: “Dit is my lewe en ek kan daarmee maak wat ek wil. Jy moet jou nie hier kom en staan en hoog heilig hou nie. Jy was self verslaaf en is dit vandat jy vriende met Jaap is wat jy besluit het om die goed te los”.
Catherine sien dadelik dat sy nou niks met Dalene sal uitgerig kry nie en loop terug na haar woonstel toe. Sy voel seergemaak en in haar hart is sy bitter jammer vir Dalene want sy weet verseker dat Dalene nou hopeloos verslaaf is want die spuit is die stille bewys daarvan. Dalene sal nie sonder n inrigting kan rehabiliteer nie.
Gisteraand was Dalene roekeloos en het besluit om op haar eie in n kuierplek te gaan kuier. As n meisie alleen is trek sy gou aandag en was dit nie lank voor een van die manne haar begin geselskap hou het nie. Hy het homself voorgestel as Gustav en was dit nie lank voordat hulle hulleself heeltemal aan die aand oorgegee het nie. Hulle het saam gedrink en dagga/mandrax gerook. Die drank en daggasigarette het hulle gisteraand heeltemal roekeloos gemaak en het die man saam met haar gekom.
Toe hulle by haar woonstel gekom het was hulle altwee ver heen en het hy haar gevra of sy nie saam met hom op baie goeie trip wil gaan nie, hy het net die regte dwelms daarvoor en het hy haar verseker dat sy n trip soos nog nooit vantevoe sal hê nie.
Sy het ingestem en was dit asof in n waas toe sy sien hoe hy n sakkie tevoorskyn bring met n wit poeier en n spuit met n gebuigde lepel daarin. Daar was ook n rek en het hy haar gesê dat sy mooi moet kyk wat hy doen. Eers het hy die poeier in water opgelos en oor n kers warm gemaak.Toe het hy dit in die spuit opgetrek en het hy haar arm met die rek afgebind om die are te laat swel. Sy het eers gegril toe hy n aar gekry het en die spuitnaald daarin gedruk het en die helfte in haar ingespuit het. Daarna het hy dieselfde met homself gedoen en die res in homself ingespuit.
Dalene se liggaam het feitlik dadelik gereageer. Dit het vir haar begin voel of sy opstyg en haar bene het soos watte begin voel. Haar tandvleise het begin droog raak en n heerlike warm gevoel het deur haar begin vloei. Alles om haar het in n kleurkaleidoskoop ontplof en het die wêreld om haar begin draai. Sy het alle inhibisies verloor en het sy n dringende behoefte begin voel om van al haar klere ontslae te raak. Sy het begin uittrek en het Gustav ook sy klere uitgetrek. Hulle al dansend kamer toe beweeg waar hulle nakend op haar bed neergeslaan het om aan die slaap te raak.
Dit was laatoggend wat hulle wakker geword het en het Gustav begin om haar te liefkoos en het dit uitgeloop op n seksuele sessie voordat hulle opgestaan en gaan stort het.
Sy het daarna aangetrek en vir hulle koffie gemaak en was dit oor die koppie koffie wat hy by haar wou weet of sy die trip na die inspuiting van heroine geniet het. Sy het hom verseker dat dit vir haar n nuwe ervaring was en het hy op haar aandrang die spuit en nog n bietjie heroine by haar gelos. Hy het dit gedoen maar haar ook gewaarsku dat sy nie te veel daarvan moet inspuit nie want te veel kan haar doodmaak. Hy het haar belowe dat hy weer sal kom en heroine sal saambring as sy hom sal geld gee om vir hulle te koop. Sy het hom die geld gegee en is hy daar weg met die belofte dat hy haar Dinsdag aand sien.
Terwyl so sit en dink begin die ontrekkinssimptomes toeslaan en begin haar liggaam se hunkering na dwelms. Sy steek n sigaret op en trek die rook diep in. Dit help n bietjie maar is dit nou of dit nie die drang in haar liggaam heeltemal kan bevredig nie. Sy slaag egter daarin om aan die slaap te raak en word sy vroegoggend wakker met n vreeslike drang in haar liggaam. Sy weet egter sy moet gaan werk en na twee sigarette het sy daarin geslaag om die drange in haar liggaam onder beheer te kry.
Dit was n moeilike dag vir haar by die werk want die drange in haar liggaam het haar bloots gery en het die hunkering al groter geword. Sy het n paar lelike flaters begaan omdat haar aandag nie by haar werk was nie en is sy n slag of wat ernstig aangespreek. Catherine se uittrap was nou vir haar die kersie op die koek en besluit sy sy gaan haarself n inspuiting gee, Gustav sal mos vanaand kom en weer vir haar heroine bring.
Dalene slaag daarin om die heroine voor te berei soos Gustav gewys het en slaag sy daarin om haarself in te spuit om weer op n droomreis te vertrek.
Dinsdagoggend toe sy wakker word besef sy dat sy met klere en al aan die slaap geraak het en nie eers gestort het nie. Sy het ook niks ge eet nie maar is dit vir haar of sy ook nie honger is nie. Dit is nadat sy eers n sigaret gerook het dat sy haarself sover kan kry om te gaan stort en haar gereed te maak vir die dag. Sy sorg ook dat sy vir haarself n stewige ontbyt voorberei want sy wil nie n herhaling van gister by die werk hê nie.
Dit gaan deur die dag beter by die werk en toe sy by die huis kom wag Gustav reeds op haar. Sy nooi hom in en maak sy vir hulle aandete wat hulle maar swaar afsluk want hulle is nie honger nie. Sy besef dat sy moet eet anders gaan dinge te veel word.
Die nag slaap Gustav weer by haar en kan sy hom nie seksuele verkeer weier nie want sy is nou afhanklik van hom om heroine te kry. Sy vermoed dat sy nou vir hom ook gaan betaal want sy geld wat hy inkry is te min om hulle voltyds van dwelms te voorsien.
6 Kommentare
-
Anze
sjoe dit wat mens hier lees laat jou hare rys!!! Neels dit is baie goed dat jy hierdie verhaal ingeskryf het, ek hoop werklik dat dit vir baie mense daar buite n afskrikmiddel sal wees om ooit met dwelms te wil eksperimenteer nie...
-
Arnold
Die een tragedie na die ander, en so sink hulle weg in hule verlatenheid.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
'n Skrywe met 'n ernstige waarskuwing vir die leser. Goed geskrywe. Danksy die Here het ek nooit ag gevind in dit nie.