Jongste aktiwiteit:

DIE WINKENDE DOOD HFSTK 9

Maandagoggend vroeg bring Catherine vir haar skoon klere om aan te trek en word sy toegelaat om onder die toesig van n vrouekonstabel te gaan was en skoon aan te trek. Toe sy terug is in die sel neem Catherine haar bietjie onder hande en kam haar hare. Dit is of Dalene pap en is en nie n flenter omgee wat om haar aangaan nie.

Toe die dokter haar weer kom ondersoek in sers. Olivier se teenwoordigheid skud hy sy kop en sê: “Sersant hierdie meisie sal nie in die toestand wat sy is weet wat om haar aangaan tydens die hofsaak nie. Sy moet in n hospitaal kom dat ons haar kan begin behandel tot sy na n rehabilitasiesentrum kan gaan. Sy is nie geskik vir n verhoor nie. Ek sal reël vir haar opname na sy voorgekom het sodat julle die saak kan uitstel tot sy terug is van die rehabilitasiesentrum af”.

Die hofsaak duur nie baie lank nie en het sy nie n idee wat om haar aangaan nie. Sy hoor net hoe die aanklaer die klag voorlees en hoe die prokureur namens haar skuld erken. Sy hoor hoe hy aansoek doen dat haar en Gustav se verhore geskei word op grond daarvan dat dit twee eiesoortige gevalle is en Gustav reeds n misdaadrekord het. Sy hoor ook net verder hoe die dokter getuig dat sy nie geskik is vir n verhoor nie waarop die prokureur vra vir n bevel dat sy in n sentrum opgeneem word vir rehabilitasie. Die bevel word toegestaan en die verhore word geskei en daarmee stort al Dalene se planne in duie. Sy het daarop staatgemaak dat sy op borgtog vrygelaat sou word en dan n plan kan maak om kokaine in die hande te kry want haar liggaam skreeu daarna. Nou sal daar nie n kans wees om dwelms te bekom nie en sal sy nou onder polisiebewaking moet hospitaal toe tot die reëlings vir haar opname in die rehabilitasiesentrum getref is.

Sy word ook na afloop van die saak dadelik in die hospitaal onder bewaking opgeneem vir versorging totdat die reëlings vir haar opname in die sentrum voltooi is.

Jaap het intussen haar werkgewer gaan sien en aan hulle verduidelik wat die posisie is. Die personeelbeampte is gelukkig baie simpatiek en staan haar drie weke betaalde verlof toe. As dit langer nodig is sal hulle reël vir onbetaalde verlof tot sy terug is. Die aand toe hy en Catherine Dalene besoek is dit of sy kalmer is en is sy baie dankbaar vir wat Catherine en Jaap vir haar doen. Op Jaap se vraag of daar nie iemand is wat hulle in kennis moet stel nie antwoord sy ontkennend, sy wil nie hê haar mense moet hiervan weet nie want hulle sal dit as n absolute skande beskou as hulle moet weet van haar lewenswyse en dat sy in n inrigting vir dwelmverslawing opgeneem gaan word.

Die volgende aand met hulle besoek aan Dalene wil dit tog voorkom asof sy kalmer is. Die konstabel wat haar oppas sê vir hulle dat hulle haar moet groet want sy gaan die volgende dag in n rehabilitasiesentrum opgeneem word. Hulle sal haar nie daar kan besoek nie omdat besoekers in die begin nie toegelaat word nie.

Jaap is die een wat eerste met Dalene praat. Hy gaan sit langs haar en neem haar hand in syne: “Dalene onthou dat ons jou vriende is. Ons wil hê dat jy moet terugkom, gesond sodat ons jou kan wys dat daar n beter lewe is as n dwelmlewe wat jou gaan verwoes”.

Catherine sluit by Jaap aan: “Kyk na my Dalene. Ek was nie sover heen as jy nie maar ek kan jou verseker dat ek nie n oomblik spyt is dat ek dwelms gelos het nie. Vandag wink n wonderlike lewe vir my en het ek n blink toekoms wat op my wag. Jy kan dit ook hê en kan jy n ordentlike man ontmoet wat jy nie in die huidige omstandighede sal ontmoet nie. Dink daaraan Dalene dat daar n beter lewe wag en dit is die moeite werd om vas te byt. en te oorwin sodat jy daardie beter lewe met albei hande kan aangryp”.

Dalene praat nie veel nie, knik het haar kop en beaam wat hulle vir haar sê. Toe haar besoekers groet sê sy vir hulle dankie vir alles wat hulle vir haar doen en is dit toe hulle weg is wat sy in haar hart aan die huil gaan. Sy is al sover heen dat sy nie weet of dit sy gaan maak nie. Die drang in haar vir dwelms bly erg ten spyte van die medikasie.

Haar laaste versoek aan Catherine is dat sy vir haar n tas klere moet inpak en sommer haar handsak ook vir haar bring om saam te neem sentrum toe sodat sy darem iets het. Toe hulle by die huis kom doen Catherine dit dadelik en neem hulle haar goed hospitaal toe want daar sal nie in die oggend tyd wees daarvoor nie. Die nagsuster neem dit in ontvangs en stoor dit sommer in haar kantoor en gaan sê vir Dalene dat haar tas in haar kantoor is terwyl sy Dalene se handsak vir haar gee.

Hoe dit gebeur het weet niemand nie. Dalene het drie uur opgestaan om toilet toe te gaan. Op daardie stadium was die ontrekkingssimptomes so erg dat sy alle rasionele denke verloor het en besluit het sy moet hier uit. Die vrouekonstabel wat haar bewaak het het geslaap en het sy haar handsak versigtig uit die bedkassie gehaal sonder om haar te wek. Die nagsuster was nie in haar kantoor nie en kon sy haar tas in die hande kry. Sy het toilet toe geglip, aangetrek en doodluiters by die hopitaal uitgestap, by die slapende ontvangs die deurwag en hekwag verby.

Toe hulle haar vermis is dit reeds te laat. Sy was skaars uit die hospitaal uit of n vroeë motoris het hom ontferm en haar opgelaai en by die stasie gaan aflaai. Haar verskoning was dat sy dringend by haar ouerhuis moet kom want haar pa is ernstig siek en die trein ry oor n uur.

Dalene Jacobs het tussen die massas verdwyn want sy sien nie kans vir die sentrum nie. Sy kan ook nie terug na haar woonstel toe nie want dan sal sy gesien word en is dit ook die eerste plek waar hulle haar sal gaan soek as hulle haar vermis.

Vir Catherine is dit n geweldige skok toe sy na klasse by haar woonstel kom en sers. Olivier haar inwag om haar die nuus van Dalene se verdwyning mee te deel. Sy was voel moed dat Dalene sal rehabiliteer en gesond terugkom om n nuwe lewe te voer.

Sy gaan sit skoon lam op die rusbank en vra vir sers. Olivier: “Wat nou sersant, wat nou”

Sers. Olivier skud net haar kop en antwoord: “Sy het sake vir haarself nou moeilik gemaak. Daar is n lasbrief teen haar uit vir arrestasie en sy moet gesoek word. Ek wil juis haar sleutels by jou kry om te gaan kyk of daar nie iets is wat ons na n naasbestaande kan lei nie”.

Catherine oorhandig die sleutels aan sers. Olivier wat na n rukkie terugkeer om die sleutels terug te bring en vir Catherine te sê dat sy Dalene se ma se nommer op haar selfoon, wat in die woonstel bly lê het tydens haar arrestasie, gekry het. Sy het haar geskakel maar Dalene is nie daar nie. Sy moes vir Dalene se ma die volle storie vertel en haar ma het haar belowe om haar dadelik te skakel as Dalene dalk daar sou aankom.

Dalene het nie geweet waarheen nie en het later sommer in die strate begin ronddwaal met haar tas tot sy naderhand in n stegie gaan lê het met n hunkerende liggaam na dwelms want sy het haarself nie die aand ingespuit nie. Sy het ook niks by haar nie en sy het ook nie geld om dwelms te koop nie. Die winterkoue slaan ook in al sy felheid toe en probeer sy haar met n paar kartonne bedek vir warmte maar dit help nie, sy lê en klappertand van die koue en die simptomes.

Wat sy egter nie weet nie is dat sy dopgehou word vanaf die oorkant van die straat toe sy by die stegie ingegaan het. Die Nigeriër wat haar dophou bedryf n obskure gesellinklub en is altyd op die uikyk vir meisies wat hy daar kan gebruik. Hy ken dwelms en behalwe sy gesellinklub is hy ook n dwelmhandelaar. Uit ondervinding weet hy dat Dalene sekerlik verslaaf sal wees en dit is die tipe meisies wat hy soek, hulle kan hy met dwelms onder beheer hou terwyl hulle met prostitusie sy geldsak vul. Hy los haar vir die nag daar en stap vroegoggend oor om haar te gaan wakker maak en haar n heenkome aan te bied, op sy voorwaardes.

Dalene is na die bittere koue nag te dankbaar dat die Nigriër haar n heenkome bied en gaan saam met hom omdat hy haar belowe dat hy haar dadelik van dwelms sal voorsien. Hy hou ook sy woord en gee Dalene n leë kamer en voorsien haar dadelik van Estacy talette om te drink. Hy het die spuitmerke op haar gesien en dit gaan die eerste vereiste wees wat hy haar stel, sy mag haarself nie meer spuit nie want hy wil haar nie vol merke hê nie. Sy kliënte hou nie van spuitmerke aan die meisies nie. Die estacy werk nie so vinnig soos heroine nie maar toe hulle begin werk neem dit Dalene in n nuwe droomwêreld in. Sy voel skielik baie energiek en sien vir die wêreld kans. Dit is toe een van die ander meisies met die naam van Sylvia na haar toe kom en haar meegedeel: “Ek gaan jou bietjie leer hoe om n kliënte te kry vir n bespreking. Sommige van hulle het snaakse nuke en grille maar jy sal daaraan gewoond raak met die tyd. Hou hulle gelukkig of jy is op straat sonder dwelms en sonder n dak oor jou kop en gaan jy maar net weer ronddwaal tot jy by die volgende een beland”.

Later trek Dalene haar aan vir haar eerste aand in die gesellinklub. Die rompie is bitter kort en die bloes se hals bitter laag. Klere wat die Nigiriër voorsien het, maar toe sy klaar is en Sylvia haar kom haal is Sylvia maar net so skamel geklee. Sy gaan saam met Sylvia kroeg toe en toe hulle die kroeg binnekom sit daar alreeds n paar mans met drankies voor hulle. Sylvia kyk hulle deur en haar oog val op n middeljarige man en sy sê vir Dalene; “Kyk nou mooi wat ek doen en dan gaan jy na die man langs hom en wees vriendelik, sorg vir baie aan hom raak. Gesels met hom en vra hom om vir jou n drankie te koop. Na n rukkie vra jy hom of hy jou nie wil bespreek nie”.

Hulle stap nader en maak Dalene soos Sylvia haar gesê het. Sy gesels met die man wat vir haar n drankie koop en is dit nie lank of hy haar vra wat haar prys is nie. Duidelik is hy n ou besoeker want hy merk ook op: “Jy is nuut hier en ek sal jou graag wil probeer”.

Dalene noem die prys en die man oorhandig die geld aan haar wat sy dadelik aan die Nigeriër oorhandig wat soos n skim verskyn het. Toe hy klaar die geld ontvang het neem Dalene die man na haar kamer toe waar hulle albei dadelik uittrek in in die bed klim.

Terug in die kroeg n bietjie later sien sy Sylvia het ook verdwyn saam met die man wat sy by gesit het. Sy merk egter op dat daar n Kleurling en n Indiër meisie by n tafel sit, duidelik ook op die uitkyk vir kliënte want toe daar twee mans instap sluit hulle dadelik by hulle aan. By n ander tafel sit nog n blanke meisie en n swart vrou, albei ook skamel geklee en dus ook op die uitkyk vir kliënte vir die aand. Dit is toe Sylvia terug is wat Sylvia haar vertel dat hulle ook daar werk. Die blanke meisie is n getroude vrou wat die beroep moet beoefen omdat haar man nie werk kry nie en sy haar huis se sorg is. Hulle kan egter nie verder gesels nie en moet hulle aandag aan kliënte begin wy om te kyk of hulle nie nog besprekings vir die aand kan kry nie. Hoe meer manne hulle bed toe vat hoe meer is die geld, al vat die Nigiriër die grootste deel.

Dalene Jacobs gly al verder op die dwelmpad weg en word die grootste obsessie in haar lewe om dwelms te kry om die honger na dwelms in haar liggaam te stil en word sy n voltydse prostituut in die klub.

Dit is reënerige dag in Septembermaand wat Dalene laat die oggend opstaan. Sy voel bewerig en naar. Haar gewrigte pyn en sy moet n slag badkamer toe om op te gooi. Sy skrik toe sy sien dat sy bloed opgooi. Nou weet sy waar kom die brandende pyn wat sy die laaste paar dae in haar maag ondervind het vandaan. Sy het n bloeiende maagseer. Behalwe dit het sy die laaste tyd agtergekom dat haar hart baie vinnig klop. Sy kan nie altyd so mooi dinge onthou nie en is dit of sy senutrekkings kry saam met die spierpyne. Wat egter die ergste is is die verskriklike drang na dwelms wat sy kry as sy te lank van die estacy wegbly want hulle mag dit nie gebruik terwyl hulle in die klub is nie.

Wat haar verder bekommer is dat die kliënte se belangstelling in haar besig is om af te neem. Hulle verkies eerder die getroude vrou of vir Sylvia. Die Indiërmeisie en die swart meisie doen ook goed en die Nigeriër voel nie baie gelukkig met haar nie. Hy begin al dreig om haar uit te smyt as sy nie meer kliënte hanteer nie. Sy kry soms net een kliëmt op n aand gehanteer terwyl die ander tot vier kliënte op n aand hanteer.

Dit is toe Dalene klaar gestort het wat sy haarself in die spieël sit en beskou. Die beeld wat vir haar terugstaar is nie n mooi prentjie nie. Haar gesig lyk oud. Sy lyk amper soos n geraamte, so maer het sy geword omdat omtrent nooit meer eet nie.

Vir Dalene word dit alles net te veel en besluit sy om n einde aan alles te maak. Sy het dit die laaste tyd baie oorweeg maar vandag besluit sy is die dag. Sy sien nie meer kans nie.

Die laaste gebeurtenis gisteraand was vir haar net te veel. Daar was n swart kliënt wat haar wou bespreek maar sy het geweier. Hy het haar toe by die Nigeriër gaan verkla wat haar eenkant toe geroep het en haar duidelik laat verstaan het dat sy saam met die kliënt sal kamer toe gaan of sy word in die straat uitgesmyt, dis vir haar om te besluit. Omdat sy verleë was moes sy toe maar die swartman se wrede brutaliteit op haar liggaam verdra. Sy het die laaste tyd snaakse kliënte gehad en kon sy dit nog hanteer om hulle aan beddens vas te maak en mamma te speel. Sy het al daaraan gewoond geraak om mans se seksuele drifte op elke moontlike manier te bevredig maar gisteraand was die laaste strooi. Terwyl die swartman seksueel met haar verkeer het hy n sataniese genot daaruit geput om haar aan te rand .

Dalene trek haar klere aan en neem n klomp estacy tablette en sluk dit weg. Daarna gaan lê sy op die bed en wag n paar minute voordat die pille begin werk. Voordat sy weggly begin haar hart wild klop en in n oomblik van helderheid besef sy wat sy gedoen het, maar dan word dit te laat, Dalene Jacobs gly weg in die ewige duisternis van die dood, dwelms het nog n slagoffer ge eis.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed