DONDERDAG: Hemel en hel
Wa voor die os
Een van die briljanteste mense – nie wat ek kén nie – waarvan ek gehoor het, is ‘n plattelandse leraar in Oos-Duitsland gewees. Hy het in die sewentiende eeu in Slesië (deesdae ‘n deel van Pole) geleef. Of evangelies of rooms, weet ek nie. Doktor Johannes Scheffler het ook gedig, veral aforismes – klein, treffende sinspreuke of spreekwoorde. Ek haal hom graag aan.
☼
Maar alles en almal het ‘n keersy, ook Angelus Silesius, „die slesiese engel”, so sy digternaam:
☼
Hy wat beleef het
hoe dit in die hemel toegaan,
weet om die hel te waardeer.
☼
Nouja! Wat sal ek sê?
Groetnis phanToom……………………………………………………………22e. Desember 2016
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.