Donker Pels
Ek sien jou daar in die donker
Uit die hoek van my oog
Sluipend, soos ‘n sku Strandwolf
Diep in die ruigtes,
Daar waar jou swart pels
Verdoesel word tussen die blare en takke,
Van die wildernes van my siel
Jou welige swart pels,
Jou oë wat rooi glinster
In die bietjie lig wat die vuur in my siel ontsnap
Bringer van on heil
Bringer van swaar tydings
Bringer van dood
Wyk
Wyk sê ek vir jou
My Woede,
My angs,
My passie,
Alles sal ek in die vuur werp
Warmer en warmer,
Hoër en hoër,
Sal ek die vuur laat brand
Alom verterend tot niks oorbly
Tot daar geen wegkruip plek oorbly
Waar jy met jou swart pels kan weg kruip nie
Wys jouself…
Jy hoort nie hier in my siel
Brand sal my vuur brand
Tot net ek oor bly.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek