Viva Afrika Goud
Viva Afrika
wanneer die Nama-kind
met sy pyl en boog
deur dorre bosse kruip
met die son oor die Kalahari
dan weet jy dit is Afrika
bruin vlaktes
wat in die wind swaai
saggies sny hy spoor
soos ‘n duisendpoot
seil hy al agter
‘n ribbok aan;
dit is Afrika
wanneer die see
se woeste golwe
teen die rotse slaan
en die visserman sy lyn katrol
dan weet jy dit is Afrika
silwer golwe
bokspring in die son
sy net vol hoop
soos ‘n silwerdoek
uitgesprei
oor die see;
dit is Afrika
wanneer die swart rookroet bol
en die massa skree
tussen geboue van graniet
met vuiste hemelhoog gerig
dan weet jy dit is Afrika
vlam en vuur
verteer die volk
terwyl ‘n nasie bid
soos een
‘n kreet na bo
donker land van hoop;
dit is Afrika!
amandadm
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek