drommel
van my duin af sien ek lig
lig van dagbreek af weerkaats
ook sonsondergang se tanende gloed
sit ek en droom oor wat gewees het
en wat dalk nog gaan gebeur
my sielsgedagtes verwoord
borrelende maar nederige woorde
wat net grondvat in rooi leemgrond
waar dit ontkiem in digtershart
en soms – net soms verblom
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.