Eerste Liefde
Eerste Liefde
Waar is die plek
waar ons saam gewandel het –
U en ek?
Was dit langs die stil waterstroom
tussen die immergroen kloof?
Of in die skeur van die rots?
In die reenboog se boog?
Geen gat in die osoon
kon die vuur in my keer!
om met U te kon wandel
en van U te kon leer…
U was my Eerste Liefde…
Toe word die aarde warm
En ek word koud…
En verstik in die roet
van gebrande hout…
en ek soek…
en ek roep…
Waar is jy
Eerste Liefde!
Die Een waarmee ek lag
in die goue oggenlig!
Die oor waarin ek fluister
in die nagwaak se vlug!
Vernuwe my Gees
In die dag se ontvou
Dat ek u as my skepper
altyd behou.
Ek sal saam met U wandel
In die oggendlig
Waar die skepping nog sluimer
sal my hart U weer vind.
Show quoted text
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek