Eindelose wydte
Hou jou hand oor die water
hou vas aan alles wat jy kan sien
dis in die warmte van jou hart
waar ek na jou verlang
Kom saam met my
op ‘n ruimtereis
ek wil die eindelose wydte
van my liefde vir jou wys
Daar sal ons gly op sonstrale
en land op ‘n sekelmaan – wip en wieg
swaai-swaai aan die hemelruim se balke
ons ken nie die verskil tussen val en vlieg
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.