ek spesiaal
wie is ek
armsalige gees
wat maak my spesiaal
is daar iets besonders in my
ek is ook maar net mens
tog is ek deel
deel van die kroon
van God se skepping
bedoelde nageslag van Hom
deel van : “Bruid vir Sy seun”
God het mense na Sy beeld geskep
voor die grondlegging van die Aarde
het God dit reeds so beplan
dat die mens in ewigheid
saam met Hom oor
Sy skepping sal
heers
jy is nie ‘n fout nie
jy is een van God se unieke
en mees doelgerigte skeppings
God het die wêreld vir die mens geskep
nie die mens vir die wêreld nie
jy maak deel van Sy
ewige doel uit
“Hoe kan jy dan nog twyfel oor wie jy is?”
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.