on-om-won-de
gedienstig, gedwonge, gedweë
soos gedeë koper gemyn
vind ek my treë op sand
skoon soos ragfyn rok
silwer rand van genade
progressiewe mutasie
in regressiewe staat
ewigheid verbind
aan Maan se krag
so stap ek aan
onder strale
van ‘n Maan
wat groei
en vergaan
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.