My Abbak’ros
My Abbak’ros ( ‘n Namawoord, kortweg abbakros)
Weggaan
en op eie voete staan
gekwalifiseerd
bang tog toekoms gefassineerd
die naelstring geknip skielik weerloos
maar dié troos
dat veilig en geborge
verskans teen teleurstellingsen sorge
is diep in my hartkamerkluis gul
en knus die liefde in ‘n abbak’ros gehul—
Blootgestel die lug buite afsydig koel
maar binne warm die seker saam-abba gevoel
van ouerhuis en vriendskapsbande
in my abbak’ros met styfgeknoopte bande—
Dwarsdeur die lente van die liefde,
die wasdom van die somerliefde
en die aankruip van die herfs en winterkoue,
hiberneer hulle knus in my abbak’ros behoue
oorleef hulle al die seisoenetot nou
veilig tydloos toegevou—
Janetta – Helena (babs) ©
4 Kommentare
-
-
Viooltjie
goed gedoen Janetta. jy het die woord 'abbakros' goed aangewend om jou boodskap oor te dra :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is pragtig gepen