Jongste aktiwiteit:

As die roessleutel draai

Klokslag elke keer
as goue sleutel draai
in die horingou slot
van twee deelharte
se diggeslote deur
voer dit my tower-mee

Soveel maal in gisters
meer as duisend keer
liefde daar gaan berg
edelsteen- gestoor
meer waardevol is dit
as kosbaar skittergoud

Meer male sonder tal
al is die roes-gleuf grof
reeds krakerig en oud
draai die tower-sleutel
kras-krakend en kleef
aan herinnering-gleuf

As eensaamheid roep
klap ek kosbaar’ kissie
versigtig, sagkens oop
tower-skitterlig straal
soos die wieg- deuntjie
slegs vir ons twee draal

Plaas dit spookhand-terug
tot wanneer ek weer
suutjies- tonetrippel
oor wolke-wasembrug
tot dan en dan alleen
is liefdeskis-nou versteen




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed