perspektief
die mens het dit gemaak
die Skepper het die mens gemaak
jy kan nie deur geleerdheid alleen tot God kom nie
selfs al volg jy die weg van apologetiek slaafs
altyd gereed om ‘n antwoord te gee
aan elkeen wat ‘n vraag vra
iemand wat jou belaster
wat jou hoop en geloof
bevraagteken
al is jy hoe
nederig
is jy net mens
infantiel in jou wese
teenoor jou Skepper, God
kan jou goed beredeneerde
gedagtes nie werklik perspektief
bring, aan ongelowiges nie;
nie sonder om aan hulle
wat sukkel om te glo
hul plek in Sy skepping
uit te wys en te verklaar nie
wat jy het, is geloof in wat jy lees
wat jy ervaar, van ‘n lewende God in jou lewe
daardie ervaring wat jou laat blink soos die mòrester
wat die wéreld afgunstig maak op jou
geloof-sekere lewe
“Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.”
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.