Ek wonder!
wie is ek?
wat is ek?
waar is ek?
O wag bietjie!
is ek geskape?
is ek ‘n skaap?
hoe lank gaan jy nog slaap jou skaap?
vir wie swoeg jy so?
is dit vir my?
is dit vir jou?
O wag bietjie!
Is dit vir jou wederhelf?
of miskien vir jou kinders?
of dalk vir die goeverment?
O wag bietjie!
dalk is dit vir jouself?
of dalk vir ‘n beter plek?
of dalk vir die paradys?
o wag bietjie!
ek is nou plein gatvol om so pateties te wees!
my voorvaders moet seker hul koppe in skaamte sak?
om te sien wat ek geword het!
“n pateet!
nee wag bietjie!
is jy swart?
Is jy wit?
is jy kleurvol?
of net keelvol?
vir hierdie kak?
vat hande julle skapies!
kom ons maak hierdie die paradys van alle paradyse!
en ek wonder hoe lank gaan dit nog vat?
om jou ogies oop te maak jou skaap!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.