Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek
Beste INKers
Ons het skaars Kerstyd gevier en hier lê die eerste maand weer op haar rug.
Ek weet dit is ‘n cliché om in Februarie oor die liefde te skryf, maar dit ten spyt, wil ek tog die onderwerp hierdie maand gebruik.
Ek wil almal egter aanmoedig om die “liefde” op ‘n nuwe, unieke manier te takel en met oorspronklike werk te spog.
In al die afdelings is daar geen lengte reëls, vorm voorstelle, of derglike voorskrifte nie, maar slegs een opdrag: ondersoek die term “liefde”.
Kom ons almal takel die onderwerp met nuwe ywer en debuteer met ‘n opwindende werk.
Lekker skryf, en doen dit in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ellenelle
Hi ek is nuut hier, en wil net graag uitvind hoe ek inskryf hiervoor? Asb.