
Feesseisoen
Feesseisoen
Die tyd staan nou vinnig jaareinde se kant toe
en mens voel ‘n beklemmende onrus aan in die
gejaagde , koorsige spoed om alles betyds af te handel – – –
Kontrakwerke moet klaarkom
want die fabrieke moet sluit
en alles tot stilstand knars
vir die vakansie en feestyd – – –
Vir baie is dit ‘n mistroostige tyd
van eensaamheid en verlange,
vasgevang in ‘n greep van depressie
en ‘n nuttelose bestaansgevoel om
in ‘n oomblik van onverantwoordelike
waansin hulself uit die weg te ruim
want niemand gee tog om nie – – –
‘n Tyd van vrolike familiefeeste,
‘n tyd ook van afgesonderdheid,
‘n tyd van oorvloed en gebrek,
die sogenaamde feesseisoen van
Kersfees en Nuwejaar
in hul naakte kontraste – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek