Jongste aktiwiteit:

Gamkaskloof die Hel

Die dun kronkel paadjie ly jou na die plek wat geen padkaart wys
Al met die pas langs, kranse blou en grys
Dis op die pad waar vrees en bewondering kruis
Die geel son span sy sambreel oor die paradys.

As jy gekom het om aardse rykdom te soek, is jou soeke tevergeefs
Dis ‘n plek vir mense met ‘n dankbare gees
Die boorde staan in hulle glorie soos soldate in ‘n ry
Klowers vol trots wil hier bly, hurksit met ‘n knipmeslem sal hy die eerste geelperske sny.

Vroeg oggend speel die klipdassies wegkruipertjie met jou teen Steilvoetpad
Terwyl die soetdoring reuk jou gedagtes saam die wind oor die kloof vat
Sonbesies roep jou naam; bring jou sorge fles saam
Pak jou sak vol vrede voor jy verder gaan, die Klipspringertjies staan op die kranse en beaam.

Jy hoor die Klipbok se gesnuit van wie weet waar
As jy uit die bitter aalwyn die rooi blom gewaar, weet jy Jangroentjie is reg vir die oes van die jaar
As Gamkarivier afkom en die klippies laat dans,
Terwyl grootmense kinderlik opgewonde mogga en palings vang vir braai op Ouplaas.

Soms word die doodse stilte deur Skietkans verbreek
Grootkloof se mense staar met oë wat spreek van vrees,
Dis ons paradys en daar is geen verkoopsprys.
Hier sal ons bly, al word ons oud en grys.

Toe donkiekar lekker was om te ry,
As jy weet dit is om nog heuning karie te gaan kry
Die legendes vertel die tier hou wag oor die kinders van die kloof,
Terwyl bobbejane die vrugte roof.

Diep in die donker nag, onder die sterreprag, sien jy die rooi vuurvonke verdwyn.
Dis wanneer die ou man met sy hoed en geweer verskyn.
Hy vertel dis nie die hel, o nee, dis ‘n stukkie hemel uit die Vader se hand gegee.
Hy glimlag terwyl die soet reuk van tabak oor jou toesak.
Jy kan al jou stories vertel, die voorvaders bring ook hulle sin.

My hart speel weer kleilat tot ons die bokke moet uitvat
Die stilte se eggo is my rykdom en proviand
Ek wil weer donkiekar ry, deur stroompies al met die kloof af tot onder in my land,
my geboorteland.
Charnê Harding




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak