gedenk
ver oor die blou see
sweef gedagtes vandag
terug na hardekool bome
na hetige dae en soel nagte
jonk wees en energie soos min
rooibokke wat op grasperke loop
leeus wat soggens brul en hiënas
snags kekkelend asblikke omgooi
my siel sien bloedrooi atletiek baan
met padroller wat gelyk probeer maak
van mater wat met grys hare bestuur
sweef oor jare se vriendskap verby
nog ‘n stoere boom wat geval het
maar wie nasate agterlaat
wat ook trots gedenk
dit wat met sweet
gebou was
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Hierdie een beindruk!