geliefde
.
my beminde hang aan ‘n doringbos
haar hare soos bruin stringe pêrels
.
my geliefde treur soos ‘n treurwilger
haar trane soos dou op die gras halms
.
my beminde vlier soos vlier bosboom
haar kleur en geur versprei in die wind
.
my geliefde vervaag soos mis voor son
haar gelaatstrekke erodeer in die niet
.
my beminde bly traag om te verdwyn
soos die geur en kleur van goeie wyn
.
my geliefde woon net oor see se rand
haar gelaat skyn soos strale maanlig
.
©Teárlach
*intertekstualiteit – GG Cillié se verwerking van “vanaand gaan die volkies” opgeneem in “Goud in die mond” 1969, Nasionale pers
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek