
genoeg
vanoggend se weer kom nog in
genoeglik sit hy op sy duin en tuur
na wolkies wat spoedig vergader
suur windjie waai en bring nog koue
oor vogtige baai en omliggende duine
meeue sweef laag en gaan sit eerder
gedagtes verstrengel in idees
wanneer is genoeg dan genoeg
vir fynbos is reën altyd welkom
vir vetplante is genoeg lankal te veel
oral blom daar geel, wit en rooi vygies
natuurlike veldblommetjies het begin
so het elke seëning sy plek en tyd
hoewel mense dit graag sal wil bestuur
kom dit telkens wanneer dit nodig is
donker wolke trek nou weer saam
ligte slietende druppels verjaag my nou
op binnelandse berge sak sneeu uit
laat my duin maar sy deel ontvang
my deel om kaggel-vuurtjie koppie koffie
koud maar dankbaar vir Sy genade
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.