gisters
–
kermend kreunend
sleur die koue windjie
deur dorre duine en fynbos
elke takkie maak musiek
–
vieserig skud sy haar kop
en blaas stoom in die lug op
opgestaan uit warm lêplekkie
bekyk sy die duine om haar
–
vroetel-stappie vir stappie
kom skilpad in pad af gesluip
sy rigting soms maar onseker
sy neus wys egter suid
–
krom en skeef staan hy
ledemate kraak en hy steun
denkend aan gister se jonkheid
toe vlaktes en berge oop was
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.