gaan dan heen
–
heen en weer sweef hulle
van hierdie baai na daardie baai
spierwit vlerke gespan in die wind
telkens swiep hul neer om slak op te pik
en dit weer hoog te laat val op die strand
so is die lewe van ‘n seemeeu elke dag
een van heen gaan van kant tot kant
om sy krop vol kos te hou in koue
soms in storm weer se geweld
sal hy gaan sit en skuil op
stille duin of strand
–
heen en weer stap hy
af see toe en langs die strand
van duin tot duin met sand in die hand
pik hier en pik daar na ‘n mooi heel skulpie
wat sak toe gaan vir latere gebruik tuis
sy heen en weer niks vreemder
as die van die seemeeu
sy siel se krop te vul
met die mooi van
Vader se natuur
wat hom vertel
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.