Domine Quo Vadis?
Deurdagte huppelstap
om en oor beproewingsvoor
met mirresalf vir skaafplekke
ingrypend in my siel
net soos U wil geskied
eerstehands van U troon
Quichekors vol genade
uiter ‘n pelgrimslied in my siel
op berge en in dale
Verken dan my soeke
as ek op U sal wag
deurdrenk die dorsland van my hart
in die soeke van my gees as ek
sleurend beur onder U sagte juk
© Francois Meyer Junie 2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.