graan
‘n bordjie graan vir die siel
uit die sandgrond van die Swartland
bloei die graanlande groen en geel
soos uit mens, jaloesie en vrees
#
‘n bordjie graan vir my siel
uit koring en mielies my voedsel
soos geloof en hoop vir my siel
wat my krag en moed gee
#
‘n bordjie graan vir jou siel
uit jou keuse vir jou lewensdroom
vul jy jou dae met onbenullighede
erken jy Sy genade in jou lewe
#
©Teárlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek