Jongste aktiwiteit:

Onmenslike gevoelens

vier en twintig ure se onverstaanbare gedrag
my oë sien my ore hoor in hierdie lewe
die doen en late van ń lewensmaat
die baklei gees gebring in onvergewensgesindhede
die braak van woorde wat sny deur vlees en bloed
afkrakende woorde aan mense gekoppel
name met stortende hale vee oor hulle menswees

geen glimlag ooit net neerhalende stortvloed
lawa wat spoel oor onskuldige wesens
treffend ruk dit aan my hart
nooit een goeie woord oor ander
diep sny dit in my wese
wanneer gaan verandering ooit wys…
die standaarde aan twee verskillende persoonlikhede

gryp dit my siel vas en wonder ek
hoe leef mens met jouself met soveel haat in jou
die verlange na liefde wat juig
kom lê in my terwyl diepe skeure
aan bande gelê word in my hart
jou sagmoedigheid vervaag
wanneer politiek jou beetpak

jou woorde ken dan geen perke
konstitusies en wette aan die orde
terwyl die liefde wegkwyn
wat barbaars raak in ń vlamme hel
en die wat saak maak verstote gelaat

die onmenslike gevoelens vat vat aan my
duistere wolke hang oor my
terwyl ek voel om weg te kruip daarin
lê ek steeds liggies my hand op jou
sien my tog net raak vir een keer

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed