
halssieraad
my duin het vanoggend ‘n raampie
wolkies fyn en donsig vliet verby
suid-ooster waai dit in flarde
suis om hoeke en skrewe
in treurige melodie
soos pêrels
wat om sy nek hang
stoot die see sy golwe
in weerbarstige stote daarteen
los wit skuim some oor die strand
waar meeue sit en vashou in die sand
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.