hartseer
gister met hoogwater
was die strand lewendig
branderplank-ryers besig
golwe het pragtig opgestaan
en sommer strand toe geloop
hier en daar was ene te vinnig
dan het die plankryer gegly
my siel sweef weer vandag
op hoogtes onbeperk
ver oor horisonne
sweef hy oor vragskepe
wat kom en gaan
wat rotse gruis
van afrika
na japan
en sjina
aandra
maar hier
op straat staan hulle
werkloos en aant bedel
party se gesigte ‘n skedel
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.