oktober spore
gebore in die maand oktober
dorpie met nog net drie huise
die bome bot die groenste lower
waar reën val uit hemelse sluise
kaalvoet oor purper-blou tapyt
diep spore getrap in dié maand
hele skool loopbaan hier geslyt
buite geleef van vroeg tot aand
winterkoue kaalvoet gestap in ryp
skooltoe met boeksak oor jou rug
destyds het ons elke kans gegryp
hierdie maand verlang ek erg terug
vreugdevolle maand van oktober
waar entoesiasme van prulle jeug
jou skone gesig my hart verower
geniet van jonkheid se elke teug
kleurvolste maand van oktober
met jou pragtigste blom-lower
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.