Herfs-vergiffenis (Opdrag 5)
tyd vir afstroping
dieper kyk
BESIN
tyd om God te loof
vir ‘n leeftyd van genade
ewigheid gemeet
aan tydelikheid
van ‘n ondergaande son
malse somers gou verby…
hande wat soveel kon hou
soveel verloor het
elke rimpel diep gekerf
bultende aarvate op brose herfsblare
sal binnekort vergaan tot stof
©Evanthe 2018
9 Kommentare
-
Viooltjie
Goeie werk, Elroux:-)
-
Loretta Szikra
Baie ware woorde so mooi gesê.
-
Driekie
Dis regtig baie mooi, Evanthe.
-
Cornien
Verganklik is ons, maar so spesiaal, pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie