Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind
neem ek telkens waar
‘n stukkie van U vaderhart
staar in verwondering
na die son wat soggens die lug
met lemoenstof kleur
dan borrel my wese oor
van dankbaarheid
voel ek skatryk en geseën
want U liefde is onbeperk
(dié) voedingsbron
waaruit genade vloei
©Driekie Grobler
7 Kommentare
-

Viooltjie
Baie goed, Driekie
-

Callie Vermeulen
Dankbaarheid en lewenswonder mooi verwoord Driekie!
-

Cornien
In die oë van 'n kind... pragtig, aan hulle behoort die koningkryk van God!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie