Jongste aktiwiteit:

Hoe gee ek jou weg?

Jou jeug verklap my grysheid.
Jou foute leer my van wysheid.
Nou die dag was jy nog by my sy.
Nou die dag het ek jou voorberei.
Vir die lewe daar buite onbekend.
Vir die lewe se waarde en elke sent.

Jy loop die paadjie met tas op jou rug.
Die trane wat ek binne hou volg jou.
Ek laat uit my pyn deur ‘n lang sig.
Ek wil jou veillig in my arms vou.

Ek moet jou eendag weggee.
Ek moet jou eendag oorgee.
Ek moet eendag braaf my paaitjie afstap
Ek moet eendag my swakheid verklap.

Ek gee aan jou…
Ek voel die trane in my oë opbou.
Ek gee aan jou…
Ek voel my hand wat wil bly klou.

Ek kyk hom in sy oë.
Ek soek wat sy sien.
Ek soek wat sy voel.
Ek soek, hoekom hy.

Belowe aan my
voor ek laat gaan.
Belowe aan my
voor ek gee.
Belowe aan my:

Dat jy eerder my hart sal trap…
Om hare te spaar.

(C) Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed