
Honger in jou hand (Goud)
in die oopvou van jou blom
sien ek nêrens hoogmoed nie
net vreugde-verf palette
in sproeispat reënboog kleure
op die land
maar teen sy binnewande
is daar ‘n weierwind wat waai
oor ‘n see wat branders bloei
en waar die vure hoog moet brand
staan soos koringare wuiwend
steeds my honger in jou hand
daar wink ‘n vals vertoon van vreugde
met die kilheid van ‘n afskeid
soos die laaste wegkwyn-skadus
teen ‘n rant
Andries Fourie
21.04.2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek