Jongste aktiwiteit:

herfsverslag

oral waar ek stap
vind ek windman
waaibesig met liasering
van die vorige seisoen

bome staanparadeer afwagtend
skugter spoggerig tastend
vir sy goedgekeurde
welgedaan waaisoen

toe die skemer hom kom haal
beloer hy die takkespel
teen die doek van geelbruin skemer
effe stil en blaarverslae

© Francois Meyer April 2023




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed