Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: In elke nuwe dag

Deur Magrietha Marx
Datum gepubliseer: 26 Julie 2021 Aantal woorde: 118 50 Kere gelees 1

Ek voel jou in die son se warm strale
ek sien jou in die blou hemellug
ek sien jou ook telkemale
in die wit wolke wat bo in die hemel brug.
Ek voel jou wanneer die wind oor my waai
ek ruik jou in die reën
wanneer die kleine druppels die aarde verfraai.
Ek sien jou in die weerlig en ek hoor jou stem in die donderweer
ek sien jou in die silwer volmaan
terwyl jy vir my sit en lag.
Ek sien jou in die duisende sterre wat in die melkweg baan
maar veral ervaar ek jou liefde in elke nuwe dag
want ek kan jou sien en jy is oral om my …

MC Marx (C)




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    27 Julie 2021

    Pragtige gedig, ons mag net 2 inskrywings per afdeling vir die maand projekte inskryf hoor

  2. Magrietha Marx

    27 Julie 2021

    Skuus ek nie geweet nie, ignoreer asb dan die gedig, baie dankie tannie

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 13
Kommentaar telling: 6

Partykeer kan ek nie sê hoe ek voel nie, dan skryf ek. Van my werk is in verskeie bloemlesings gepubliseer: "Vlug na Vryheid" in Deep Reflections, "U liefde vir my" in The Gift of Time en "Die storms wat binne my woed" en "Daar is altyd hoop" in Inkspraak 1. Ek is gebore in Kokstad in die middel van winter. Dit het die oggend gesneeu toe ek gebore is. My ouers het later verhuis en ons woon tans in Pietermaritzburg, ek is getroud met die wonderlikste man en ons het 'n pragtige seuntjie. God het vir my die talent gegee om te kan skryf en ek is dankbaar dat Hy my en my gesin elke dag beskerm en veilig bewaar.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 103 gaste aanlyn

Bydraes – Argief